Son Safari Landbou Skou in Mauritius

Feb 14, 2022

Laeveld Agrochem bou voort op Seil-Safari se sukses met Son-Safari!

30 APRIL – 5 MEI 2022*

Kom deel in hierdie besonderse belewenis van kennis opdoen en netwerke bou terwyl jy saam met jou gesin, vriende en kollegas batterye herlaai op dié idilliese tropiese eiland. Die vyfster Sugar Beach-vakansieoord in Mauritius word eksklusief gereserveer vir Son-Safari-gaste met ’n pakket wat alles insluit.

*Die datum is onderhewig aan Covid-regulasies van Mauritius en Suid-Afrika.

 

LANDBOUSPREKERS EN UITSTALLINGS

Top landbousprekers en maatskappye gaan sessies aanbied, met uitstallings oor die nuutste innovasies, hulpmiddels en toerusting in die industrie.

VERMAAK EN MOTIVERINGSPREKERS

Maak gereed vir puik musiekproduksies deur die Afrikaans is Groot-span en kunstenaars. Die program sluit ook ander vermaak en uitstekende motiveringsprekers in, terwyl daar tussendeur geleentheid is om met glanspersoonlikhede skouers te skuur.